JOIN OUR MAILING LIST


Ripstop canopies word vir alle bakkies gemaak volgens u behoeftes.Keure in olive en grys. 500gsm ripstop word gebruik wat uv beskermd en waterdig is. 800gsm deurskynende plasties, ook uv beskermd vir venstersen YKK ritse. Pryse en besonderhede op aanvraag. Bakkie rame word nou deur syltrix self vervaardig.

Bootseile en enjinseile word volgens u behoeftes vervaardig. Daar is verskeie kleure en materiaal beskikbaar. Ons doen ook matte en sitplekke vir bote. Boot word benodig om seil 100% te vervaardig.

Sitplek oortreksels word gemaak van gehalte ripstop materiaal. Gewildste kleure is olyf en grys. Ander kleure kan ook voorsien word. Sitplekke word benodig om oortreksels te vervaardig volgens u behoeftes.

Hier by Syltrix herstel en trek ons alle voertuig en boot sitplekke oor, ongeag in watter toestand dit is. Daar is ook verskeie kleure en materiale om van te kies. Motorfiets sitplekke word ook gedoen. Superkajuit bakkies se agterste sitplek word ook by Syltrix vervaardig.

Staalrame vir bakkies word nou by Syltrix vervaardig. Rame vir canopies,beesrame en skaaprame. Veeldoelige rame,met dakke wat kan afhaal as groot goed gelaai moet word. Hekke op rame kan op verskillende maniere werk.Alles is nou beskikbaar onder een dak.

Torneau seil, Brass ogies en 0,7mm rektou word gebruik om alle Bakkie seiltjies te vervaardig. Bakkie word benodig.

Ons vervaardig Ripstop sakke (uv beskermend en waterdig) vir alle items wat u wil beskerm teen beskadiging.Onder andere:gewere,kampgerei,hengelgerei,tweerigting radio's ens.Drasakke vir enige items doen ons ook.Bring net die mates en as moontlik die item dan vervaardig ons die sak volgens u behoefte.



Terug Terug na bo